Ek dink dis tyd dat ons as land na die gebruik van tegnologie in die klaskamer moet kyk. Maar terselfdertyd ook daarin belĂȘ om alle leerders regoor die land toegang tot internet te verseker,
Wednesday, 25 February 2015
Tegnologie in die onderwys
Ek moes vandag die opdrag oor die rol van tegnologie in die Suid-Afrikaanse klaskamer doen. En met die afloop van hierdie taak besef ek hoe 'n kardinale rol tegnologie kan vervul in die klaskamer. Met die oneindige toegang tot hulpmiddels op die internet asook die integrering van tegnologie in klasaanbieding kan die onderwyser se taak van klasaanbied vergemaklik word. Die onderwyser kan in die proses meer aandag skenk aan hoe om die inhoud aan die leerders oor te dra. Om tegnologie in die klaskamer te gebruik beteken ook die leerders raak meer bekend met tegnologie en word sodoende nie so ontnugter wanneer hul na skool met tegnologie in kontak kom nie. Maar as 'n mens na Suid-Afrika gaan kyk is dit nie juis so maanskyn en rose nie. Ek dink nou terug aan my eerstejaar toe 'n meisie my in die Inligtingsvaardighede eksamen vra hoe om te right click. Dit wys duidelik hoe ongelyk hierdie toegang tot tegnologie in Suid-Afrikaanse skole is. Dit breek my hart dat ons land nie genoeg doen om hierdie leerders aan tegnologie bloot te stel nie.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment