So, ek het sopas 'n artikel oor 'n "gay cure" kamp gelees. Basies stuur ouers hul homoseksuele seuns na hierdie kamp, waar die kampleiers die seuns in sogenaamde "manne" verander. Hierdie kampleiers het die dood van drie seuns veroorsaak.
Hierdie artikel het my verskriklik ontstel omdat ek self as homoseksueel identifiseer. Dis moeilik om nou selfs hierdie inskrywing te maak en terselfdertyd te verseker dat dit koherent is, want my gevoelens is all over the place. Dit is absoluut onherroeplik belaglik dat mense dink dit is moontlik om 'n kind na 'n kamp te stuur sodat hulle "reg" kan kom. Die hetero-normatiewe houding is wat die absolute pyn in my bestaan is.
Ek weet regtig nie hoe enige iemand kan dink dat gay mans/vrouens kies om hulself deur hierdie diskrimansie en vernedering te sit nie. Gay wees is nie 'n opsie wat jy kan kies nie. Ek is veral disgusted deur die ouers wat hul eie kinders deur hierdie hel sit. Ek het geen respek vir jou as ouer as jy meer bekommerd is oor die kind se seksualiteit as sy welsyn. Ek weet ek moet die beter mens wees, maar ek sal daai ouers nooit kan vergewe vir wat hulle aan hulle kinders gedoen het nie.
Ek weet glad nie wat om te sê oor die idee van die samelewing dat mens gay wees kan kuur nie. Ek het alle geloof in die mens verloor. Dankie wêreld.